top of page

Meer Oor Ons

Dewald Louw is laat 2012 aan kindervermaak blootgestel tydens 'n besoek aan Bloubergstrand, Kaapstad.  'n Behoefte is geïdentifiseer in Bloemfontein vir professionele produkte en diens vir die plaaslike mark.  Die eerste springkasteel is in Januarie 2013 aangekoop, en die res is geskiedenis.

Sedertdien het Die Springkasteel verder uitgebrei met 'n verskeidenheid springkastele, glybane, waterwurms en Soft Play.  Die intensie van hierdie onderneming is om persoonlike aandag en goeie diens vir elke kliënt te kan verleen.   

 

 
KLIËNTE TERUGVOER

"Wil weereens dankie sê vir die gebruik van jul kastele Saterdag.  Dankie vir jul stiptelikheid, dit word opreg waardeer."
Kruitberg Primêre Skool

 

“Ek wil vir jou baie dankie sê, julle masjiene ens. is in so goeie kondisie en die seile het baie gehelp.  Ek ondersteun NOOIT weer iemand anders as julle nie!”

Jenine Kuhn

"Het Saterdag partytjie gehou en alles was so goed georganiseer en profesioneel. Baie dankie vir julle hulp."

Marisa Henderson

bottom of page