top of page

FAQ

WAAR IS JULLE GELEË?

Die Springkasteel is in Bloemfontein en springkastele kan afgehaal word by Koos van der Waltlaan 27, Universitasrif.  Ons voorsien egter aan kliënte buite die Bloemfontein-area ook.

 

 

VIR HOE LANK KAN EK 'N SPRINGKASTEEL HUUR?

Springkastele kan vanaf 08:00 afgehaal word en moet teen 18:00 terug wees.  Addisioneel kan springkastele langer gehuur word teen R200 per dag ekstra. 

HOE GEMAAK AS EK BUITE BLOEMFONTEIN BLY?

Ons maak vergunning vir kliënte wat buite Bloemfontein bly (op plase/plotte of omliggende dorpe).  Indien jy byvoorbeeld 'n springkasteel huur vir die Saterdag, kan jy die vorige dag (Vrydag) vanaf 17:00 reeds die springkasteel kom afhaal.  Die springkasteel kan dan ook eers die Sondagoggend voor 10:00 terug gebring word.  Hierdie vergunning is afhanklik van die springkasteel se beskikbaarheid op die omliggende dae.

 

 

WAARMEE KAN EK DIE SPRINGKASTEEL KOM AFHAAL?

'n Bakkie of sleepwa met twee volwassenes sal die laai en op/afstel van die springkasteel vergemaklik.  Let wel dat springkastele baie swaar en groot is om te vervoer en te hanteer, en dat 'n normale gesinsmotor (soos 'n Toyota Corolla) nie voldoende is nie.  Vra al die seuns en mans by die huis om te help - hoe meer mannekrag, hoe beter!

 

 

WAT KOM ALLES SAAM MET DIE SPRINGKASTEEL?

Die springkasteel word reeds opgerol in sy drasak vervoer.  Die blaser (motor) word in 'n kombers toegemaak om die produk (sowel as jou voertuig) teen sy skerp metaalrante en duike/krapmerke te beskerm.  Ons gee grondseile saam om ons springkastele toeganklik te maak vir alle oppervlaktes en sodoende die produk te beskerm.  Tentpenne word gegee om seker te maak die produk en seile is stabiel, veral op winderige dae.  'n Valcro strap word gebruik om die springkasteel stewig aan die blaser vas te maak.  Waterwurms en glybane kry ook 'n gratis spesiale seep spuitbottel saam.  Alle toerusting en leë seepbottels moet terug besorg word.  *Ons voorsien nie enige kragkabelverlengings nie.

 

 

HOE WERK DIE FOOIE?

Elke tipe springkasteel se fooi verskil.  Die fooi is betaalbaar vir die eerste dag en daarna R200 per dag ekstra.  Besprekings is noodsaaklik sodat die springkasteel eksklusief vir jou datum uitgehou kan word.  'n Addisionele R200 breekskade deposito is betaalbaar, wat terugbetaal word wanneer alle toerusting teruggebring word.  Kyk gerus na ons verskeidenheid springkasteelpryse hier.

 

 

LEWER JULLE AF?

Ons kan die springkasteel vir jou kom op- en afstel teen 'n addisionele R350.  Kostes sal aangepas word indien verder as 20km vanaf ons perseel vervoer moet word. 

 

 

IS DAAR ENIGE BELANGRIKE TERME EN VOORWAARDES?

Terme en voorwaardes geld vir kansellasies.  Die volledige fooi is betaalbaar indien bespreking minder as 24 uur voor die datum gekanselleer word, of dit nie afgehaal word nie (behalwe in geval van slegte weersomstandighede).  Geen verhurings kan ons perseel verlaat sonder betaling nie.  Die huurder neem volle verantwoordelikheid vir alle toerusting tydens die verhuringstydperk.  Indien enige toerusting (asook spuitbottels, tentpenne, komberse, grondseile ens) nie terugbesorg word nie, of onder huurder se toesig beskadig word, sal skadevergoeding van deposito afgetrek word.  Vir addisionele skade meer as die depositobedrag, sal Die Springkasteel 'n faktuur vir die balans aanstuur wat binne 7 dae deur die huurder betaalbaar is.

 

 

ENIGE VEILIGHEIDSREËLS?

  • Springkastele moet op 'n gelyke oppervlakte opgestel word.

  • Alle klippe, stokke, hondebene of skerpvoorwerpe moet verwyder word voor die grondseile en springkasteel opgestel word.

  • Geen vuur (of die rook van sigarette) word naby die springkasteel toegelaat nie.

  • Die blaser moet op 'n veilige plek, weg van enige water of speelareas, opgestel word.

  • Permanente volwasse toesig is noodsaaklik.

  • Persone met enige beserings (kop, nek, rug), gestremdhede, swanger vroue of jong kleuters, of persone wat beserings kan opdoen deur te val, te stamp of te bons, word nie op die springkasteel toegelaat nie.

  • Moenie naby die springkasteel se ingang/opklimplek spring nie.

  • Verwyder alle skoene, juweliersware, belte en ander skerp objekte.

  • Kinders onder 3 jaar benodig permanente volwasse toesig.

  • In geval van reën, rukwinde, hael of slegte weer word niemand op die springkasteel toegelaat nie, en moet die krag afgeskakel word en die blaser van die krag ontkoppel word.

  • Geen persone word op die springkasteel toegelaat wanneer die springkasteel afgeblaas is, krag verloop of besig is om af te blaas nie.

  • Moet geen ander voorwerpe (soos tentpenne, seepbottels of seile) saam met die springkasteel in sy sak vervoer nie.

 

Koos van der Waltlaan 27, Universitasrif, Bloemfontein, 9321 diespringkasteel@outlook.com

Kontaknommer: 0824818881

bottom of page